Coenraad van Zyl – my lewensreis

Coenraad Eduaard Appel van Zyl – 22 Desember 1948

120

My reis begin in 116 Rissik Straat, Braamfontein, Johannesburg

germiston

Braamfontein was ‘n skatkis vol geheime, geskiedenis en doen dinge. Alles op ons voorstoep, en jongelinge was totaal veilig op voet aleen êrens heen.Salig onbewus van die feit dat my vryheid en veiligheid bewerkstellig was deur die vorige regering se vermoë om wet en orde te handhaaf.( hierdie stelling moes net uit !! ) Hierdie geluk om die ruimte om my te verken man alleen het my ‘n besondere insig gege in mense se doen en late. Van die spoorweg stokers met goud blink kos blikke, melk lorries, Zoeloe flat boys, kantoor omies met koerant onder die arm, almal het wye grys flannels, wit hemp en das en somber kleur baadjies gedra, niks kleurvol. Dink nou daaraan daar was nie baie kantoor tannies – snaaks… meeste was huis vroue  (nie tuiste skeppers).Polisie manne in grys Studebaker Larks, Ducktails met blink brylcream kuiwe en Sheilas met wye rokke Alle skool kinders het silwer skoon skool uniforms gedra met blink skoene. Ek kan nie onthou of ek een toeris raak geloop het, natuurlik was internasionale reis net vir die beskore minderheid. So ek het nie ander tale as Afrikaans, Engels, Zulu en die Porra se vloek taal geken wanneer ons aan sy perskes gedruk het. Van ons voorhekkie sien ek die magtige Rissik Straat brug, die brug was die was die weg na Johannesburg stad se geheime, aandliggies, skoen winkels (O die leer reuk van my eerste paar), Ministers klere winkel , Sop kombuise ( Flieks) en ander lekker eet plekke soos OK bazaars se “pie, gravy en tjips ” en ditto by Park Stasie Oor hierdie einste brug was my eerste paar tree op een stil Sondag oggend,soos die gewoonte was om “window shopping” te gaan doen. Kind reis is heel anders as volwasssene reis. Twee blokke weg van die huis met nuwe ervarings is ook reis vir ‘n jong kind – bv my eeste ontmoeting met Oom Cronnie die haarkapper het salig begin, verby die kerk (tot hier was bekend) ,langs Kleine Fleur skool verby, verby die poskantoor, dan regs in die rigting van die Transvaler koerant gebou, verby Arthur Bales klere winkel, links in Jorrisen straat in die rigting van Devonshire Hotel en TOE die deur met die rooi en wit paal. Toe oom Cronnie my optel en in die hoe stoel sit druk hy ‘n suiglekker in my hand….. ek het toe al gevoel alles is nie pluis nie. Met die eerste skêr knip kon ek dit nie meer hou nie en dit het en oom Cronnie en Ma gevat om my stil te laat sit met al my skreeu en stoeiery. Wat is hulle besig om met my te doen, moordernaars ! Sien !! Een uur se reis het soos ‘n leeftyd gevoel ! Oor hierdie brug maak die wereld oop

3852589182_04149ba320_b

Masiewe hoë geboue met vloer na vloer verskillende goedere. Lank voor die roltrap was daar hysbakke bestuur deur trotse mense. Dit was ‘n belangrike “job”om kliente na die regte vloer te vervoer ” first floor ladies and gents underwear, night wear and bedding ….second floor children ware, clothes, toys and records…third floor haberdashery,linen and sewing machines ” ens ens ens. Ek altyd gewag vir die woord ” haberdashery” wat the de hel is dit ? Ma het altyd die vloer op haar eie besoek wanneer sy alleen gaan shop het.

John Orr`s 1050

My dag het gekom toe ek die eerste keer aleen die geheimsinnige vloer kon besoek. Ek het stadig versitig uit die hysbak geloop en groot was die teleurstelling …wol, knope, garings en lappe, anyway nou weet ek. Waar speel stads kinders ? Wel ons was gelukkig vir die oop stuk grond tussen die YMCA en die Hotel Skool. Dit was seker so halwe rugby veld groot met gras en ‘n paar groot bome. Saam met boomklim kom die gevaarlike hoë FOEFIE slide wat die groot kinders gebou het. Hier het ons marbles gespeel, cowboys en crooks, wegkruipertjie en kissing touches in die soel somer aande. Toe ons als bo-grond opgespeel het begin ons verskriklike diep gate te grou wat met tonnels verbind het, as ek nou daaraan dink sweet ek…hoe maklik kon ‘n tonnel toe geval het !! By die Hotel Skool het ons lekker vrugte gesteel en party maal het die antie ons geroep na die heining om koek en koekies te proe. Ek dink sy het ons nader geroep om goed van nader na die ondeunde lot te kyk. by die YMCA was daar baie om te doen…gaan speel in die gym, gaan na jive sessions in die saal (Elvis Presley ) met sheilas en ducktails. Wanneer daar niks is om te doen het ons gaan sit en kyk na die akteurs op die vloer by “The Intimate Theatre” in die YMCA gebou. Ek het later die woorde van al die liedjies geken in die ” Ag please daddy ” vertoning https://youtu.be/6RAQP-2s0Dk?list

braamfontein-hotel-school-house

Die Hotel Skool – vandag nog aktief

Vanaf hierde stoep het ons ander mense se lewens reise gesien, die bure en gereelde verby gangers. Stoepsit was ‘n goeie tydverdryf daardie jare, dis hoekom al die huise gesellige kuier stoepe gehad het. Erens het die mense begin dink dis common en 6′ mure om hul huise te begin bou.Nou wat is lekker om teen hoë mure die heeltyd vas te kyk ??? Een van ons lekkerste speletjies was “slang” aande. Dit werk so…stop n’ ou das vol sand maak vislyn aan die breekant vas, steek weg agter die boom en trek stadig stoep se kant toe wanneer ‘n onwetende voetganger aankom …. f@£$%&** dit was vet pret om die arme slagoffers tie sien spring vloek slaan……..een Outa het sy knopkierie stukkend geslaan op die arme das.

my familie

My familie : Agter links Pa Coen, Ma San, Suster Kotie, Oom Nick, Tannie Bets en legedariese ‘Skokiaan”ek en suster Naomi

116 Rissik st was ‘n nederige huis met 2 slaapkamers, geld was nie volop maar daar was kos op die tafel, skoon beddens , skoon vloere alles was skoon want Ma was netjies, partymaal pynlik netjies soos wanneer ons maatjies huis toe gebring het moes ons skoene uit trek by die voordeur. Die kombuis was DIE kuierplek en etes was die hoogtepunt van die dag. Almal saam gesellig om die tafel en praat oor die dag se dinge. Koue winters aande was eers lekker met boontjie sop of pannekoek of melk kos en die knetterende kool stoof – hoekom het eetkamers verskuif na ‘n ander vertrek ? Dis ‘n mors van geld. Met die koms van TV het niemand meer aan tafel ge-eet, TV skinkbord tafeltjies het mode geword en daar was selfs nuwe ” TV dinner ” resepte boeke.

family-dinner-50s

Elke oggend het Pa hout gekap vir die stoof om die kole aan die gang te kry, Ma intussen op haar knië besig om die as uit die stoof te krap. Daar moes vroeg begin word want die stoof het warm water verskaf vir die geyser bokant die stoof. Voor die hout gepak word moes alles blink skoon wees. Kook kos was stadige kos maak en die lekker kos reuke het al laat middag die kombuis ge-vul. Teen die tyd dat aandete bedien word was ek so blerrie honger vir vleis, rys, aartappels, groente en Bisto gravy. Ek wonder hoeveel beskuit bakke het uit die oond gekom. Ma het my altyd geroep wanneer sy die warm beskuit opsny voor sy dit droog bak in die oond. Ek het dan ‘n koppie tee gekry om die beskuit in te dompel ( vir my was soet tee die beste kombinasie)

img_1130

Ek kan nie onthou onthou of paarties gereel was, dit het sommer net spontaan begin wanneet iemand opdaag en dit word ‘n lekker kuier. Daar was nie drank in die huis so die manne gaan koop drank en vleis en die vrouens werskaf in die kombuis. Nie te lank of die Hi Fi word aangeskakel dans en jolly party begin. Vrouens moes hulle tieke hoë hak skoene uit trek en kaalvoet dans ander maak hulle gate in die tapyt. Hi Fi was iets wonderlik, dit het in stereo gespeel, tromme aan die een kant en ghitaar aan die anderkant, man “o” man dit was cool. Ons eerste Hi Fi was ‘n Hammerstein en wragtig ek kry ‘n foto op Google. Vir baie, baie jare was dit ons enigste luxury in die huis. Pa het ‘n spesiale duur L/P gekoop waarmee die efek van stereo baie duidelik gehoor word

Collectors-item-Hammerstein-radio-and-record-player-in-a-20140916153033

Toe Swaer Wessie na Kotie ousus begin vry het kom daar saam met die tyd polisie pelle kuier, happy lot ouens. Kort voor lank word ons huis gebruik vir die polisie boere orkes se oefen plek . Piano cordion, ghitaar, base guitar (gemaak met ‘n hout teekis, paal en tou) en konsertina. Mens kan mos nie stilsit met boeremusiek, so die dansery begin. Menige aande is ek aan die slaap gesus met die soet konsertina klanke – hartseer wals was my favorite.

hqdefault

Die JVC radio het omtrent so gelyk met leer sakkie en al.

8365034485_bb0e4c99e3_b

Die ander luxury wat bygekom het was ‘n klein transistor radio, JVC omtrent so halwe A4. Dit was gebruik vir radio stories en dan die event van die week was LM radio “Hit Parade” op Sondag aande.Ons het in ‘n klein sirkel om die radio gesit op ‘n spesiale plek in die kombuis waar ons SW kon opvang. Ek weet van seker gevalle waar die vroulike geslag aan tjank gegaan het wanneer Elvis no 1 status verloor her.

Voor Pa en Ma se troue het hulle glamour Jobs gehad, Pa kelner op die treine en Ma kelnerin by die wel bekende ” Blou Kamer” restaurant op ou Parkstasie.

3845210932_2361d65f1e_bblue room

Kelner drag van die tyd                                        Blou Kamer restaurant – hier het ministers onthaal, jammer ek kry nie nog fotos

Klasieke spyskaart by Die Bloukamer – die Transkaroo was omtrent dieselfde

IMG_0070

Met aankoms van kinders moes Ma ‘n dag job kry en Pa kon nie meer vir dae lank weg wees.Ma kry toe werk by Monitor Printers as masjien oprateur op die maak van koeverte masjien. Pa begin werk by Premier Milling Company as graan gradeerder. Soggens het Ma vir Naomi en ek Chreche toe gevat. Naomi in die pram en ek in haar arms oor die Rissik Straat brug om ‘n tram te haal in die dorp. Dit moes dêm moeilik gewees het – Kotie vertel ons jare later hoe dat Naomi uit ma se arms geval het met die opklim in die tram , og dit moes verskriklik traumaties gewees het. By die Chreche afgelaai moes Ma nog ‘n tram neem na Monitor Printers. Na werk moes sy dieselfde roete huis toe neem, kom kosmaak en huis aan die kant kry. Later het dit beter gegaan met die koms van Saartjie, Saartjie van Modderfontein plaas. Ons is toe oud genoeg om in haar sorg toe-vetrou te word

airbogey5

Die laaste tram seremonie in 1961.

Pa aan die anderkant het werk toe geloop want ons het nie ‘n kar gehad. Ek het gaan Google Earth en hy het 7kms ‘n dag gestap lunchblik onder die arm. Die was nie ‘n issue vir Pa want hy was fiks van skooldae – Victor Ludorum op Ventersdorp Hoerskool. Sonder ‘n kar beteken ons het baie geloop, partymaal vir werk en andermaal vir pret. Kinders het die gawe om iets te skep uit niks, pret te skep uit niks en Braamfontein het daai gawe verskerp. Ons het nie plaas goeters gehad om ons besig te hou. Ek weet nou se dae se kinders is baie beter af op plase en platteland koshuise maar in ons tyd was dit die teenoorgestelde volgens my. Daar was nie drugs,tv,walkmans en kondome was nie orals uitgedeel – ons het skoon grootgeword plus “streetwise”. Om in enige rigting van ons stoep af te stap was ‘n reis vol met nuwe ervarings, daar was Joubert Park met die mooi tuine en groot hot house met die mooiste plante en orgidees, Hillbrow swembad ( Summit Club), Stasie parkie, stasie museum (my favorite) – so moenie vir my sê dorpskinders was slegter af as plaaskinders wanner dit kom by doen goed.

Joubert Park – eens die pronkstuk park van Johannesburg. Vir ure het ons hier veilig gespeel. Kersfees was die hele park vol liggies, Moeder Maria met Jesus in die stal, Vader Krismis se slee en bokke. Een groot boom, ek meen een grote was belig soos ‘n kersfees boom met al die geskenke. Pa sê die geskenk bokse is leeg en ek glo hom nie .In die aande was die park vol families wat die geniet het.

232b9520-c1b1-4f36-83ed-034c70484ff7

Ons eerste piekniek

Sonder ‘n kar kom ons eeste piekniek met die trein vanaf  Park stasie na Witpoortjie piekniek plaas. Ek onthou die eerste peikniek nog soos gister. Die Saterdag het Ma en Pa in die kombuis geweskaf en kos gemaak – groot plaas hoender, frikadelle, gekookte eiers, tamatie en kaas toebroodjies, bottel ingelegde perskes , bier vir Pa ens ens.Ons kinders was vreeslik opgewonde en het al die bure laat weet ons gaan  ” piekniek ” wat dit ook al beteken ! Sondag sonop was almal wakker, belaai met mandjies en komberse vat ons die pad stasie toe.Dis my eerste treinrit en eerste piekniek, ja die lewe is darrem mooi en Ma en Pa so goed vir ons ! Toe die trein intrek op platform 5 was ek bang vir die lawaai en groote ( ek dink ek het gehuil) Goed kan ek nog die vreemde trein reuk onthou, eers latere jare besef ek dit is die banke se groen leer. Witpoortjie is Wes Rand net voor Krugersdorp so 35 myl as ek reg kan onthou ( gou gaan Google en dis 15myl ) wys jou net hoe groot en ver goed vir kinders is, dit het soos ure gevoel

train

Op Witpoortjie stasie is ons sak en pak die berg af na die piekniek plek, OOO! wereld wat ‘n mooi plek met groot swembad, koeltebome en sagte groen grasperke. Ons was vroeg so daar was nog nie baie mense en ons debs die mooiste spot. Hardloop, speel, probeer swem en eet was aan die orde van die dag. Laat middag op pak was moeilik want ek en Naomi was verbrand – onthou daai tyd was daar nie son beskerm, in elk geval ons will bruiner wees as die bure. Al die pad opdraande na die stasie was nie so lekker. Ek het tot laat Sondag aand gelê en dink aan die wonderlike dag

witpoortjie

So lyk Witpoortjie vandag. Vir baie jare het ons hier gekuier.

Ons eerste vakansie

My eeste groot vakansie was vir jou ‘n gedoente. Oupa en Ouma Beukman woon op Ganspan Nedersetting net Buite Jan Kempdorp Noord Kaap, dit was baie baie vêr met die trein die “Transkaroo”. Vir dae lank het ma klere reg gemaak, soetkoekies en beskuit bak. Tasse en mandjies word gepak Vrydag aand en vroeg Saterdag het Pa en die bure die groot tasse gaan inweeg, dit het baie gehelp want teen middag ete loop ons af stasie toe met net mandjies en klein goeter. Ek weet by nou hoe treine werk maar nog nie ‘n kajuit gesien met beddens leer banke blink hout mure en wasbak, WOW ons is ryk.

web (c) Fanie Kleynhans - 8 Aug 2010 AR Open Day - A 5 sec exposure of the train filled with passangers ready to depart

Johannesburg Stasie

Dis hoe die 6 slaaper kajuit gelyk het. Die heel boonste bunk was myne

3824870946_70cf3968a4_n

Die ” Dining Saloon” het 2 eet sessies gehad en Ma en susters het eerste gaan eet en ek en Pa die tweede sessie. Ek was stom geslaan met al die weelde, al die messe,vurke en lepels en die spyskaart – glo my nou +-60 jaar gelede se aandete kan ek nou nog onthou. Ek het probeer casual lyk maar die oomblik was te groot, die sagte gepraat van ander tafels, plaas liggies in die verte gly verby en die rustige klik klak op die spoor. Die kelners was spoggerig en kon 3 borde op een arm aandra, om te dink Pa was een van hulle

eeetsalon

Hierdie is nou wel vandag se spogtreine gedekte tafel met al die swaar silwer eetgerei, maat dit was net so op die ou Trans Karoo. Pa het my versigtig verduidelik waar begin ek die tools te gebruik, hy wou nie skaam kry voor sy ou kolegas

Rovos-Rail-Dining-Carriage

Vroër die aand was daar n geskarrel in die gange, die “bedding boys” kom maak die beddens op. Vriendelike kleurlinge in silverskoon khaki drag – ongelooflik hoe vinnig hulle die kraakvars spierwit lakens en blou komberse in plek kry.

3920045150_c39c8db5a0_n

Slaap op die trein was ontmoontlik vir my want ek het die boonste bunk gehad en het omtrent  heelnag by die venster uit gekyk na al die klein stasies en sidings. Wanner die trein begin stadig ry het ek begin uitkyk na al die gedoentes. Melk en room kanne word op en af gelaai saam met pos sakke. Die gepraat van manne breek die stilte van die nag, party naby ander vêr op platforms of sidings ( sy-lyne) Hier en daar het n passasier op of afgeklm. Erens in die vroë ogged uur het Pa my venster klein bietjie af geskuif en toe kry ek die roet reuk van die stoom enjin, ai ai ai die was lekker

Daardie jare was daar ‘n jaarlikse kompetisie vir die mooiste stasie in die Unie Van Suid Afrika. Stasie meesters was trotse mense met groot invloed op die dorp en nie ‘n pennie word gespaar wanneer dit kom by mooi tuine, wag kamers en koffie kamers – die dorp se reputasie is op die spel. Die sinjaal kamer het jou verblind met al die brasso blink koper sinjale. Die sinjaal oprateur het nie kaal hand aan die sinjale gevat, altyd met ‘n lappie. Die perron is elke dag gevee en tot die die mees junior werkers het khaki stasie uniforms gedra. As die trein stop was daar omies met bagasie trollies, party het ‘n vaste fooi gehad ander moes jy tip

3855476113_922fb6aceb_b

Landwyd was daar stasies soos die………..SUID AFRIKANERS WAS TREIN REISEND, DIT WAS AL WAT MEESTE VAN ONS GEHAD HET OM TE REIS EN DIT WAS HEERLIK.

sinjaal

Die sinjaal kontrole kamer was die hart van die stasie, dit het al die inkomende en uitgaande treine se spore bepaal – baie belangrike pos wat die sinjaalman gehad het. Hiedie is ‘n Britse sinjaal kamer, al verskil is dat die SA hanvatsels was goud blink koper. Al SA treine en en tegnologie het van Brittanje gekom.

HGG-14CRB-2004-Robertson-South-Africa (1)

Kyk hoe mooi is dit – trotse mense sê ek jou. Die masjinis (stoker) was dêm trots op sy lokomotief, sy het ‘n naam gehad, hulle was getroud.

In ‘n neute dop almal wat gewerk het vir die die Springbokkie ( SAS se embleem) was trots op hulle werk van top bestuur to platform skoonmaker – dit was ‘n goed ge-oliede masjien wat landswyd GEWERK het. In 1994 erf die nuwe regering ‘n goed vertroetelde maatskappy, DIE BESTE IN AFRIKA !!!! Skaars in bewind en sekere lyne word gesluit want die outjies kon dit nie run !!!! ( dit moes ook uit)

Die Springbokkie orals uigebeeld op die treine en paronne.

3824787256_0ca635ac6a_m

Hartseer, hartseer gesig. Eens trotse stasies nou so geplunder.

6668617455_3b61c49595_b

ANYWAY……ons is op pad na Warrenton Stasie waar die taxi (Ganspan skoolhoof Mnr Spengler)) on kom optel.Vroeg oggend word ons wakker gemaak met ‘n skinkbord vol koppies en die lekkerste stomende koffie ingedra deur die kelner – WOW dis anders ! WARRENTON stasie was mooi en Julie maand koud – ‘n koue wat ek nie ken…gras en sand reuk nie JHB reuk. Agter die stasie was daar net een kar, ons taxi. Dit was ‘n 1936 Ford met “Dickey seat” (Google foto) Al die bagasie is gelaai en ek word in die dickey seat geprop met ‘n kombers. Oom Spengler kom check of ek OK is, knip-oog vir my en daar gaat ons. Wat ‘n gevoel van vryheid, al die vars oggend reuke met die wind in my hare..hiedie vakansie skop af met vet pret. Die 10myl grondpad het soos ‘n ewigheid gevoel met al die plante en bome wat ek nie geken het – om elke draai was iets nuut, tot die telefoondrade en pale was vir my mooi.

dicky seat

Oom Spengler s’n was ligbruin net soos die stof van die grondpad

Ganspan was gebou as intenerings kamp deur Jan Smuts vir persone wat nie wou gaan veg in 2de wereld oorlog aan Britse kant. Na die oorlog word dit ‘n nedersetting vir staats pensionarisse. Die plotte het bestaan uit 1morg landery met 3 slaapkamer huis met buite gebou en toilet en baksteen hoenderhok. Oupa het die plot mooi bewerk met koring/lusern, vrugtebome en groot druiwe wingerd.Hier het ons maats geraak met plaas kinders en geleer van hulle stout goed. Eenmaal ‘n week kom die NAGWA verby om die toilet emmers op te tel en te vervang – eers was ek vrek bang vir die skimme in die nag met die muile wa maar later deelgeneem aan die ander kinders se speletjies met die arme werkers ( wil nie in detail vertel)

Plot 45 destyds in die winter

ganspan4

Oupa Christoffel Beukman ma en Ouma Bailey – baie sagte mens gewees, het elke sin afgesluit met ‘n kort laggie

40 Tuckerstr. Ganspan_1

197

 Party plot eienaars was maar lui ou pensionarise ander met dieselfde ouderdom het prag plotte bewerk – ‘n ruk gelede daar verby gery en nou is al die plotte met onkruid begroei

ma fotos

Naomi, Oupa Chrisoffel Beukman en Ek

Ek en Elsa

Plot 45 Ganspan – Naomi en Elsa Marais langs oom Nic se Chev Fleetline

Ek onthou goed die plaas opskoppe van Ganspan. Soet rooiwyn in ‘n groot kan op die kombuistafel en driehoek broodjies met soet suur “sandwich spread” ( gaan kyk vandag by P&P of dit nog bestaan) Meubels is opsy geskuif vir die dansvloer, onthou die huisies was maar klein so by al die huise waar gedans word het die mans ingespring en all die meubels teen die muur gestoot. Op Ganspan was musiek gemaak met “his masters voice” gammofoon ” My job was die opwen, dit moes gereeld tussen plate opgewen word anders b e g i n d i e m u s i e k  al hoe stadiger speel. So sit ek daar ewe vernaam en kyk die dinge. Party danse was ernstig en party uitspattig met gille van lekkerkry en die lug gevul met eau de cologne reuk.

hmv_102_c_uk_6_ws15061333

MA EN PA

 Pa en Ma met Skokiaan – kyk Ma se mooi hare

Daar was net een winkel, en ‘n poskantoor op Ganspan. ” Ganspan algemene handelaar ” het behoort aan Mnr Dauth. Ek onthou nog die reuk van die winkel. leer, hoenderkos,lusern, kunsmis ,tabak ens. In Johannesburg het ons al moderne winkels gehad met die Griek om die hoek se Cafe – so iets het ek nog nooit gesien.

Interior of a supply store for farmers, circa 1950.

country-store-interior-jan-faul

Clothing1950

download

Die slaghuis was langs die kruideniersware en voor die winkel was een Geel Shell petrol pomp wat met die hand gepomp was.

Die pomp werk so: joggie pomp met die lang arm 1 galon petrol in die eerste glas bottel todat dit vol is en dan  leeg loop in die voertuig , selfde tyd is  hy besig om die ander bottel vol te maak vir die 2de galon

shell-petrol-pump

Kan jy jou voorstel hoe dorpskinders al die primitiewe platteland goeters ervaar. Daar was geen elektrisietyd so hulle maak staat op parrifien lampe, die mooiste hoê lampe met kristal versierings. Kookwerk was gedoen on ‘n DOVER koolstoof wat ook warm water voorsien het vir die huis.Meeste kuiertyd was om die groot kombuis tafel..een van my mooiste herinneringe was die lamplig aandete met die Dover wat rustig brand in die agtergrond …OG dit was knoesig met so groot veilige gevoel in ons lamplig koekon.

Yskas het bestaan uit tuisgemaakte houtraam wat oorgetrek was met ogiesdraad binne en buite. Die holte tussen die 2 ogiesdrade word gevul met kooks ( verbrande steenkool wat baie poreus is) Water word in die boonste bak gegooi wat dan water deurlaat met klein gaatjies – die water drup dan oor die kooks en jy sal verbaas wees oor hoe koel dit word – vleis kan vir dae vars bly en melk/botter koud. Feit..hoe langer skaap vleis hier in hang hoe lekkerder.

yskas 2

Die dae was lank en sonnig met nuwe maatjies, hulle familie en diere. Laat middag het ons kinders in die plaaspad op gestap na die melk wa se stop plek. Die perdekar met groot staal tenk het op tyd aangekom en die omie het ons emmertjies volgemaak, bataling was met koepons. Ek onhou een middag het een van die ou omies my lank aangekyk, tabak pruim uitgespoeg en vra ” ek hoor julle is van Johannesburg ” ek beaam, hy kyk my van kop tot tone, mompel iets en het nie weer na my gekyk.

kaskar

” It was so simple then ” geen sony playman, TV en drugs, kyk tot die hond se gesig wys hy is gelukkig.

Een van die belangriste odervindings in my lewe het op Ganspan gebeur – visvang !
Pa was ‘n goeie hengelaar en Naomi en ek is van baie vroeg af saamgeneem en touwys gemaak. Die Pan is ‘n groot dam so 3kms van Ganpan nedersetting en Ma het ons in die oggende gevat. Middag etes het gekom in 3 netjiese geknoopte vadoek pakkies. Lekker vleis, rys, aatappels en groenbonde was nog warm tussen 2 borde. Laat middag het Ma ons weer kom haal.
Daardie jare was daar net een manier van visvang vir Karp en Geelvis – gekookte pap!!!!! Nie soos vandag se horde botteltjies pop ups, geure, gronvoer met duisende rande se visgerei. Pa het die aand tevore pap gekook partymaal met bietjie kerrie of anys andermaal plein en dan brei ons knoffel, of custard in by die Pan.
Dis moeilik om die gevoel te beskryf wat ek ervaar het met my eerste vis aan die hoek……..van toe af het ek nooit opgehou.

Dankie Ou Toppie

_DSC0354

Hier is my eerste katrol – toe ek hom gekry het was hy reeds oud – ek sien op Ebay dt R200 werd is vir versamelaars – seker so 1940 model

Ganspan was ons jaarlikse Julie vakansie met die trein. Goeie vrinde daar gemaak. Na een van die vakansies smokkel ek 2 duiwe op die trein terug huis toe. My duiwe stokperdjie het begin.Jy kry baie duiwe rasse die 2 bekendes in SA is vliegduiwe en tumblers. My stokperdjie was tumblers want vir my was hulle meer pret. Tumblers het die vreemde vermoë om agter oor te tuimel in vlug, nie net een keer maar sommer 10>20 keer op ‘n slag. Kuikens wat in jou hok groot word is “ge home” wat beteken hulle het geen ander woonplek en sal altyd  kom slaap in die hok. Van kleins af word hulle geleer ” kit flying ” die beteken vlieg in  bondels  hoê sirkels bo die huis. Dit werk so: jy laat hulle uit en klim dan op die dak met ‘n lang vlag stok met ‘n groot stuk helder, jy waai die stok en skreeu dat dit bars om hulle te verwilder. So doen jy dit ‘n paar keer en dan die oomblik wat jy voor gewag het…hulle begin automaties kit vlieg. Hoe verlang ek nou om net een vas te hou.

Daar is talle kleure – wit en swart stippel was ” grizzel” dan “saddle” “white tip” ens ens. My geliefkose hennetjie was “chocolate” soos op die foto. Sy het talle champs vir my gebroei – ek het selfs party verkoop vir goeie geld

Gaan kyk asb na you tube kort video, moeite werd – https://youtu.be/ujQ90xNutTc rock-pigeon-8a

Corgi Toys en Dinky Toy karretjies

Karretjies speel was een van my lekkerste aleen speel dinge. Ek kon vir ure paadjies skraap in die sand, denkbeeldige huise en plaas bure, riviere, berge en wat nog. Dan word die Corgi van een plek na die ander bestuur met die nodige vroom vroom byklanke.Daar word oral gekuier en na elke kuier sit jy die kar in reverse, blaas toeter en skreeu goebaai en daar gaat jy !
Die detail van die karretjies was amazing -1:43 en 1:48 skaal , glas ruite, boots, bonnets en deure wat oopmaak, vering en voorste wiele wat links en regs kon draai.
Daar was kleiner Matchbox series maar te klein volgens my liking.

corgi 1

jaguar

Collectors betaal nou duisende rande vir sekere skaars modelle.

Kite vlieg 

Augustus maand was kite maak en vlieg. Om een te maak is nie sommer so tjoef tjaf. Eers moet jy bamboes in die hande kan kry en dan by die speelgoed winkel spesiale kite papier gaan soek. Vir lyn was hiekel garing die beste want jy benodig ‘n rol van 200>300 meters. Dit was duur en het mooipraat gekos.
Die kite se raam word versigtig gemaak want dit moet balanseer wanneer jy klaar is.
Gom word gemaak met koekmeel en water. Parier word dan versigtig styf om die raam getrek, omgevou oor die raam garing gevou en gegom.
Naomi was ‘n tom boy en het nie baie pop gespeel, self haar eie kites gemaak !

kite-blueddy-inst

Brookite_Harlequin

Albasters speletjies

Dit was nogal ‘n taamlike emosionele speletjie want jy kon al jou albasters in een dag verloor. Daar is baie verskillende speletjies maar die populêrste was ” gaatjie”
Dit was gespeel met “ghoens” “inies” en albasters.
Menige games het op geeindig in ‘n getjankery of bakleiery as jy dit waag om teen die ouer gesoute spelers mee te ding. In my klas speler was ek nogal goed en my tabak sakkie het altyd vol gebly.

marbles_toy_by_jonnathon

Hierdie is die tradinionele albasters en het gewoonlik 2 kleure in een gehad. Ek het self my kleure uitgekies by die speelgoed winkel.

DSC_0193

mecanno

Dit was meer vir die rykes, hoe groter die stel vir ouer kinders hoe meer het die moelikheids graad geword. Pa het my ‘n klein stel gekoop en ek het karretjies, marbles en wat nog uitgeruil by ander kinders vir meer stukke – die ruil transaksies is natuurlik van die ouers geheim gehou.

displayboard

Mens kon die wonderlikste goed bou, party uit die boek en dan ander loshand waar jou verbeelding jou neem.
Nou dit was brein verrykend en het die kind visie gegee.

images

ONS EERSTE KAR – 1958 Ford Anglia

Toe gebeur die wonderwerk, Pa koop ‘n tweede handse karretjie by Premier Milling se sekretaresse .Groot was die afwagting die dag toe ons gewag het vir Pa om huis toe te kom. Ons was almal op die stoep toe Pa met Rissik Straat op kom, die bure het ook kom kyk. Pa vat ons vir ‘n drive verby Wits na die ou skou gronde in Millpark en terug. Pa en Ma het ge-glinster en af en toe om gekyk en vir ons ge-glimlag.

Nou neem my lewensreis ‘n totaal ander vorm aan. Naweke begin ons rondry na nuwe bestemmings, Ventersdorp familie plaas Modderfontein, kuier by Oom en Tannie Bets in Potchefstroom, Hatbeestpoort dam pieknieks, Ganspan, ag sommet baie plekke tot die groot een gekom het….. Ilovu Suidkus kampeer langs die see !!!

ford-anglia-1958

Ons het na werk weg gespring en die hele nag deur gery, onthou daardie jare was daar geen snelweë net nou enkel lane sonder  die geel streep skouer, partymaal wanneer daar ‘n groot trok van vooraf kom eindig karre met 2 wiele op die grond. Durban toe was 8>10 ure trip.Toe Ma ons wakker maak het ek iets vreemd geruik, die soet see reuk. In Ilovo aangekom het pa ons eers see toe gevat voor ons kamp opgeslaan het. Kyk by toe was ek al ‘n “gesoute ” reisiger maar die eerste aanskoue van die see het my my gegooi – die magtige branders, geen land op die horison in sig, die reuk van mossels en die wonderlike gevoel van die sagte seesand…..OOO dis te veel om alles in een slag in te neem.

Pa het ‘n tent by die Irvins geleen en dit was omtrent ‘n gedoente om die ding op te slaan. Toe alles klaar gemaklik gemaak is het die vakansie met mening begin. Swem vir ure in die vlak golwe, sand kastele en rustige braai in die aande. Hier is my liefde vir kampering gebore, kampering wat my tot vandag toe gelukkig maak

8305374_orig (1)

7 Junie 2015 – spring vir ‘n oomblik in die toekoms. Klein sus Naomi bel my nou vroeg Sondag oggend en komplimenteer my op my blog tot sovêr. Ek skryf dit basies vir myself, Janet, Naomi en Daan – familie naaste aan my

Dankie Naomi

121(2)

Graad 1 of daar rond foto

Flieks

Met my eerste bioskoop ervaring het ‘n horde nuwe reise begin en my horisonne met ‘n spoed vergroot. Om verre lande oorsee te sien, hulle kultuur en lewenswyses het my drome laat droom…wanneer ek groot genoeg is gaan ek beslis oorsee reis. Daar was baie biskope in Johannesburg en dit het vir my ‘n gewilde tydverdryf geword. Daardie dae was fliek toe gaan spesiaal en mooi aantrek was aan die orde van die dag. Onthou jy die eerste hand vat wanneer die ligte verdof…O, eers die senuwees en daarna die prikkel van lekker kry as sy jou hand ‘n drukkie gee ” the fist touch of flesh”

metro-cnr-bree-hoek-str

Die Metro was OK maar die 20th Century het die mooiste flieks gekry. Op die foto wys dit “the valochi papers ” met Charles Bronson

colosseum-at-night-e1398075127678

Die Colosseum was baie grand buite en binne en duurder kaartjies – bedoel net vir spesiale vertonings soos ” Gone with the wind”

304027_258809630833459_166810098_n374051_258811274166628_1179884158_n

Vaagweg kan ek die eerste fliek onthou wat my beindruk het. Ek was baie jonk, seker 10>12 jaar oud en die man het in my kop gebly ” Tarzan and the apes” gespeel deur Johnny Weismuller olimpiese swemmer. Hiedie tipe van flieks plus al die stok ou westerns het by die  “sop kombuise” gewys. Sop kombuis was klein bedompige teaters. Wanneer jy jou kaartjie koop kry jy ‘n lee wit piering wat jou geregtig het vir ‘n vry glas koeldrank – creamsode was die lekkerste. Jy kon hot dogs en hamburgers ook bestel, so tussen eet drink en rook om jy kyk jy movie.

download

Soos ek ouer word het ek die groter teaters met baie groter wit screens begin verkies. My eerste fliek (ek dink) in ‘n groot teater wat ek nou kan onthou was Ben Hur.Dit was groot, spectacular , volkleur en groot klank – Charlton Heston was Ben Hur

p2899_p_v8_ab

My skooljare

Gelukkig was my 3 skole binne loopafstand Kleine Fleur Laerskool – hv De Korte & Biccard st. Graad 1>st 1 Braamfontein Afrikaans Medium – Jorrisen st – st 2 > 5 Hoër Seunskool Helpmekaar – Melle st – st 6 > matriek

Die laerskool jare het gevlieg met nie baie herinneringe, daar was natuurlik baie maar party dinge het toe nog nie sin gemaak . Vir my was laerskool dae soos ‘n lekker speel plek met baie maatjies.

Helpmekaar Hoër Seunskool was DIE skool aan die rand, 800 seuns en die beste onderwysers het tou gestaan vir ‘n opening. In atletiek en rugby was daar niemand wat ons kon klop, van Waterkloof Pretoria tot Monument in Krugersdorp. Jaar na jaar die Interhoêr gewen en goed gedoen in TVL skole rugby Die meisies skool was oorkant die straat ek dink rondom 400 dogters. Wat vir my vandag nog hoendervleis gee was wanneer ons van die trein afgeklim het op Johannesburg Stasie na interhoêr atletiek oorwinning in Krugersdorp. Ons het ‘n klein sirkel begin en al hoe meer sirkels by-gelas totdat 1000 plus skoliere met een helse sirkel die hele concourse gevul het. Die kreet seun en dogter het dan in die middel van die sirkel begin met sing/skreeu van ons kreet, dan volg die oorverdworende res van die kreet – klink so : Hy sasema ja ( voorsang)… hy sasema ja (almal) Sassemagge jaggemmagge wie gaan daar …sasemagge jaggemagge dis die HELPMEKAAR. Al die reisigers op die stasie was stom geslaan en wanneer die laaste kreet klanke wegsterf kon jy ‘n naald hoor val… sherbet dit was impressive !!!

helpmekaar

Op Helpmekaar het skoolgaan begin ernstig raak. Moet begin konsentreer en die baie huiswerk het ek nie gelaaik. Maar dit het my begin vorm vir grootmens jare wat volg. Maats wees het ander mening begin kry, enstig en dan histeries lag ander kere. Ek ‘n paar sport soorte probeer maar atletiek was vir my spesiaal seker omdat dit vir die enkele deelnemer soveel genot gegee het en ‘n wen was alles in die lewe. Ek het presteer in landloop, die myl en 880. Tydens een van ons atletiek toere na Ermeloo het ek die kalwerliefde ding begin kry, Marie Marais. Sy het kort afstande gedoen en ons twee het mekaar ge-maseer ( wintergreen) voor items….. Ooooh the first touch of flesh !!!

helpies munument

Class of 67 – links Louis Geldenhuys ( weet nie ) Frik Johnson ( weet nie ) Andre Retief Kyk ons was ‘n lot stout gatte, nie een nurd onder ons lot. Ek gesels nog van tyd tot tyd met Louis Geldenhuys en frik Johnson. Andre was briljante Rugby speler en sadly op ‘n jong ouderdom oorlede weens hart aanval.

scan0005

Stroopsoet lyk ek nê – moenie glo !!

kuier plekke vir stads kinders

Soos reeds gesê, ek glo dorps kinders het meer doen dinge gehad. Saam met tienerskap kom die ding van mooi begin aantrek op Sondae en rond te loop, sommer net loop. Johannesburg was skoon, groen met baie bome en parke en veilig.

www.gauteng.net-Impalas_postacrd-619x421

Die Bokkies park het ons dit genoem. Pritchard straat agter die ou Poskantoor. Hier was foto sessis gehou want almal was beindruk met die bronze Impalas deur beeldhouer……….. Sondag koerante was hier gelees, kinders baljaar en daar was ‘n hot dogs en roomys waentjie. Al die bankies was beset deur grootmense en tieners het op die gras gesit en gesels .Saam met Ma se dood het ‘n lot van Zyl familie fotos verlore geraak.Ek onthou een spesifieke foto van my in my Sondag klere voor die Bokkies

PritchardStr

Voorkant van bokkies park. Aan die likerkant was een van die Sop kombuis movies

Nog ‘n gewilde Sondag outing was Zoo lake.

zoo_lake_fountain

Dit was iets spesiaal toe Pa ons eerste roei bootjie gehuur het. Daar is baie stories in die familie van Pa en oom Nick op roei bootjies met biere in die hand, party vreeslik lagwekkend….kyk hulle was ook jonk !

DSC00031

Oorkant die pad was die bekende Johannesburg dieretuin. Dit was ‘n piekniek met ‘n ander geur. Die mandjie kos was in die pram gelaai saam met komberse en daar gaat ons. By die ingang het dit gevoel soos ‘n ander land, vreemde dier geluide en snaakse reuke. Van dier tot dier kampe is stadig gestap tot dat ons erens ‘n lekker koelte boom gekry het. Ek was mal oor die Olifante het self ‘n paar keer Olifant gery. Die saal was ‘n groot hout en leer kontrepsie en as ek reg onthou 4 mense op ‘n slag laai – Olifante het ‘n sterk soet /sweet/grond/lusern reuk met vreeslike dik hare hier en daar

Hulle het in daai groot ronde geboue daar agter geslaap.

Zoo-Org

Leeus was vir my iets wat ek nie kon verstaan !! Al die groot mense was bang vir hulle en vertel van hoe wreed hulle mense kan doodmaak en opvreet. Vir my was hulle so mooi soos troetel diere, ons het in die buurt ‘n hond met ‘n blou tong gehad wat soos die leeus lyk en hy was baie vriendelik.

IMG_5187

OOOEEE! ek het so gegil toe ek Gorillas die eerste keer gesien het ! Dit was soo snaaks want een van die Zulu flat boys het soos hulle gelyk. Ek kon hulle manewales vir ure dophou, selfs met al my besoeke daarna was dit my favorite hok.

Western Lowland Gorilla (Gorilla gorilla gorilla), portrait. Orphaned gorillas reintroduced into the wild. Projet:

Western Lowland Gorilla (Gorilla gorilla gorilla), portrait. Orphaned gorillas reintroduced into the wild. Projet: “Protection des Gorilles”, Gabon and Congo Distribution: Tropical Rainforest, Western Central Africa (Nigeria to DRC)

Die Randse Paas Skou Een van die groot events van die jaar rondom paas naweek. Families het dit ‘n vol dag uitstappie gemaak. Pa het ons altyd eerste na die landbou afdeling geneem waar ons alles van beeste, hoenders, varke tot by skou pronk duiwe gesien het, hel man die was ‘n ondervinding om tussen lanings af te loop tussen beesmis , lusern en dier reuke. The brainchild of the newly instituted Witwatersrand Agricultural Society, the Rand Show began life as an agricultural show to showcase the pride of the Transvaal farming community and opened by Paul Kruger. Held on an old brickfield next to Milner Park, farmers from around the then Transvaal Republic showed off their Best of Breed bulls and prized dairy stock. Little did those early organisers know they had started a legend that would feature in so many people’s memories over the centuries. And it was not long before that modest exhibition of farming equipment and livestock had grown into the largest consumer show on the Southern African calendar. Erik-JW-07-102

In die middel van die skou gronde was daar die “tower of light ” – dis was die middelpunt van alles. Groot luidsprekers het musiek ge-blêr en vermiste persone/kinders was geroep. Mense het dit gebruik as ontmoet plek, daar was self een keer ‘n waaghalsige Fransman (ek dink) wat tou geloop het van die toring af.

Tower of Light - January 2015 - 1

Die kabel karre eenkeer gery RandShow

Die skou het so populer geword dat oorsee se lande hulle eie paviljoene kom bou het. Britanje, Duitsland, Italie, Rhodesie en talle ander. Dit was wonderlik om die wereld se nuwe dinge te sien, motors, motorfietse, karavane, bote, kameras, naai masjiene, trekkers, stootskrapers ens ens. Duitsland was my gunsteling – Mercedes, Audi, BMW, Zeis kameras, Blaukpunt radios, Siemens yskaste, wasmasjiene. Die stalletjies was beman deur streng regop manne in suits, however op die eerste vloer was daar ‘n bierfees met groot lawaai Humpa orkes. Kelnerinne met groot borste  en mooiste glimlagte het rond gehardloop met groot bierbekers vol skuimende bier. ONS VIR JOU SUID AFRIKA Suid Afrika paviljoen. Hoe lekker was dit om in te loop en vriendelike mense te ontmoet, almal praat afrikaans.Landbou, toerisme en mynbou was goed verteenwoordig, Die goud smelt was baie populêr. Onthou die Tannie van toerisme het die groot plakaat van Kaapstad en Tafelberg in my hand gesit en dit was daar waar my wanderlust gebore is.

SAHistory_50s_UKPav

Die weermag se uitstalling was puik met tenks, kanonne, trokke, helikopters ens. Die hele Johanneburg het geweet die skou is aan want in die aande het die weermag helse groot soekligte aangeskakel wat rond gedraai was deur soldate. Vir myle was die skerp ligte tot by die sterre sigbaar. Die hoogtepunt van die dag was die Arena. Daar was ‘n dag en aand program en jy kon gaan kyk na polisie honde vertonings skaap honde, polisie en weermag dril en aksie, motors ( Holden) wat op 2 wiele kon ry !!! Vir Pa was show jumping die mooiste.

showjumping004

Groot hartseer dag toe die Rand Skou in1985 skuif na ‘n nuwe perseel Suid van Johannesburg langs soweto. Geen parkering sekuriteit, so asof dit daar gebou was vir die outjies in die omtrek se nuwe bron van inkomste, motor radios, leerbaadjies, laptops ens. Die “prestige ” van die skou het vervaag en oorsee het al hoe meer ontrek. Nou bestaan dit uit rye en rye vlooimark met Chinese gemors. Ons het ‘n paar keer gegaan en toe opgehou. Ek wil net hier stop vir kommentaar. Interessante waarneming wat ek nou begin ervaar is dat hoe meer ek delf in die verlede hoe meer kom die gebeure na vore. Daar is so baie wat ek al vergeet het, gebeurtenisse wat ek nie belangrik ge-ag het kom staan nou voor my en skreeu vir erkenning, dis asof party wil indruk voor ander. Toe ek my lewensreis begin het was die gedagte ‘n kort weergawe van my lewe, maar nou ruk dit hand uit en nou besef ek hierde gaan nie sommer ‘n kort feitlike skrywe wees. Ek geniet dit nou so! om vroeg oggende grepies te skryf. Dit is miskien nie alles literatuur korrek maar dis my skryfstyl.

Boswel Wilkie circus comes to town

stacks_image_567

Jaarliks het die groot tent kom staan op ‘n groot stuk grond langs die skougronde , Wits Universteit se grond. Die diere was mooi , die sweef akrobate het my nat hand palms gegee maar Tiekie die nar was vir my iets besonders. Ek kon nie glo die volwasse man was maar net 2’ hoog en boy was hy vinnig op daai kort bak beentjies.

1016

Nou daarna kyk was die eenvoudig, opvou hout stoele, en saagsels arena. Die orkes en beligting het alles gedoen, klank en kleur ingebring. Aanvertonings was die mooiste want dan was die beligting die mees affektiefste. Elke beweging was gevolg in ‘n kol wit spreilig. Dan was daar die “ringmaster” wat elke nuwe act met groot entoesiasme en luide orkes aangebied het, jy skrik eintlik wanneer jy dit die eerste keer ervaar.

76bf3e981de6fb65a026781a1fcb8fb4

Wembley Stock Cars

Vrydag aande was ” Stock car racing ” by Wembley stadion. As ek nou daaraan dink was dit blerrie stupid vir karre om teen hoë spoed in mekaar vas te jaag, maar dit was vet pret. Groot lawaai karre sonder exhaust pype, racing petrol reuk en die opgewonde omie wat oor groot luidsprekers die skare op hoogte gehou het. Party karre was gehaat want mense het favorites gehad en dan kom die alewige vark wat almal altyd wil opdonder – net soos rofstoei !!!

stock car 014

Roadhouses

Roadhouse

Soete herinneringe van roadhouses se soet dik milkshakes, vanilla was die lekkerste, Wat van ‘n mix grill met tjop, steak, wors, bacon, eiers, chips gebakte tamatie en toast met botter en konfyt. Wat is ‘n “banana boat ” ? Ek onhou ‘n paar van die bestes : Uncle Charlies JHB Suid , Wagon Wheels Ontdekkers Frorida, Americano Newlands.Party Sondae wanneer daar gelde was het Pa ons “ge-stick” vir roadhouse lunch, dit was gesellig in die kar met geselsies tussen die kouery.

Dee Burgers

Seker een van beste onthou roadhouses in Johannesburg. Dit was ‘n Amerikaanse konsep waar jy jou kar parkeer en san by die toonbanke ( 5 ek dink) jou bestelling geplaas het. Dit was bekend vir ” double thick milkshakes ” chocolate vir my was ‘n wenner. Dit was donkie jare voor Mac Donalds en die burgers menu was dieselfde as Mac Donalds….. ek dink Mac Donalds het ge-copy
Die nice ding van die toonbank bestelling was jy het mense om jou gehad en geselsies begin. Dit was vir baie ‘n laat nag snack op pad huis toe.
Dit was die eerste soort van date met Janet toe ek haar die eerste keer uitgeneem het vir ‘n double thick.

The-Dee-Burger-Clown-3

Ek begin werk by Dee Burgers na ure vir sakgeld – sweet ou memories

Grand Prix kom na SA

Kyalami, South Africa, 17th - 19th October 1985, RD15. Nigel Mansell, Williams FW10-Honda, leads the field from pole at the start. He went on to lead a Williams one-two in the race. Action. Starts. Photo: LAT Photographic/Williams F1. Ref: 1985williams24

Oorlede Swaer Wessie het my die eerste keer gevat vir ‘n Grand Prix. Die hoe rewolusie enjins het soos groot bye geklink en die reuk van spesiale brandstof het die lug gevul. Dit was festive met tente en orals braaivleis vure met boerewors geure. Party dronkies het langs karre in die skadu gaan ” slaap ” Grand Prix’s op TV nou sal nooit die ding vir my doen – die moet Afrika son wees met Castle en boeries !

brabham_w

Bekende “racing green” Jack Brabham se kar. Die Brabham familie het hulle eie karre gebou en het wereld wyd Formule 1Grand Prix’s  gewen in 1959, 1960 en 1966. Briljante jaer ! In daardie jare het die drywer alles beheer – dit het so gewerk : Jy klim in die kar, skakel aan trap petrol en jaag so vinnig soos jy kan, tussen alles deur moes jy ratte ook verander, geen headphones van die pits om instruksies te kry !!!! Geen aero dynamic airfins ene ens Dis hoe die nuwe F1 karre lyk. Die drywer is nie in beheer van die wegspring, “auto turbo automatic start” doen nou die ding. Auto computer ratkas.

ferrari_2010_3

Wat de hel gaan aan in die space ship ? Ek sal myself bekak om in die monster te sit teen 300 km/h om en om die baan en kyk na al die braai vure, tente en mooi girls, soort van ‘n joy ride want die computer ry die karretjie

Die ” 9 HOUR ENDURANCE ” kom Kyalami toe

Dis mos karre, geen airfins en kontrepsies net brute krag.

0-0-0-Kyalami_1968

Nou dit was iets anders. Dag voor die tyd het ons ( Freight Services kolegas) gaan tent opslaan met matraste cooler boxes baie bier en boerewors. Die race het daglig begin, ek dink so 2 uur tot 11uur die aand. Dit was ‘n blerrie tawwe race vir die karre en die drywers. Die drywers het in skofte gery en dit was iets besonders om te sien hoe die kar ligte aankom en teen ‘n helse spoed verby blits. Intussen word dit al hoe geselliger in die tente en om die braai vure. Karre het in klasse kompeteer van 1600 Renault Cordini  tot die my favorite die 7litre V8 Ford GT40. Die ander groot kanonne was Farari, Porche, Lola

Ford GT40

BOAC 500, Brands Hatch, England, 1968. Brian Redman/Jacky Ickx in action in their winning Gulf Ford GT40. CD#0776-3301-3814-48

Ferrari

Q31030heJb5xj1MusmU

Porche

tumblr_nfcfmcmlLh1rod8iso1_1280

Lola -” team Gunston”

8714430526_80284bf9ec

Braamfontein in die 60’s

Braamfontein het oornag ‘n facelift begin kry. Van ons voorstoep sien ons die nuwe Eskom gebou opgaan, die myners standbeeld, stad skouburg en Civic centre. Ek was daai tyd al hartseer om te sien hoe ou karakter geboue gesloop word en vervang word met reguit lyne, glas en silver blink argitek drome goed.

SHANTY TOWN

Eskom gebou. Hierdie foto is van ons sypaadjie geneem. Ek het hierdie boom baie geklim. Die rommel oop stuk in die voorgrond was waar ons bure oorkant gewoon het – die huise is gesloop om die straat te verdubbel. Die artikel waarin die foto verskyn quote “ESCOM Centre rising admidst the “shanty town” of Braamfontein in 1958 “

Fw-71-73_HDR-d_600

Die myners standbeeld. Ons het gereeld met die model gepraat, hy kon nie wegbly van sy lywe. Dan het hy sy hemp uitgetrek en langs die beelde gaan pose dat ons kan sien waar die beeldhouer die spiere vandaan gekry – hy was nie meer jonk maar het ‘n dêm goeie lyf gehad, snaakse omie het ons gedink ! 116 Rissik straat se boom wys tussen die regter myner se bene

about-us

Stad skouburg – mense was gaande oor die “new world” agitektuur. Dit is masief en die verhoog bestaan uit 3 of 4 hysbak vloere met verskillende decor – so die verhoog gaan eenvoudig op of af na verskillende decor vertrekke – magic nê !!!!

CivicCentre1

Civic Centre – Burger Sentrum. Die boom regs is 110 Rissik Straat

1963 Ons Trek

40 Tuckerstr. Ganspan_2

Pa koop nuwe huis ,40 Tucker Straat Triomf.
Triomf was gebou op die grond van die vorige Sophiatown inwoners. Groot hartseer destyds toe al die Sophiatown inwoners met mag verwyder is om plek te maak vir ‘n blanke voorstad –  ” Triomf ” vir die Nasionale Party *

In elk geval DIT* het ek nie daardie tyd geweet, of dit was nie belangrik. Die was die begin van ‘n splinternuwe lewenstyl, nuwe buurt, nuwe kinders, nuwe winkels, nuwe paaie om te loop……….my lewensreis het nou ‘n vars inspuiting gekry, ek is 13 jaar oud, vol lewenslus en reg vir groter dinge. Geen albasters, geen kennekie, geen karretjies speel.
Onthou 116 Rissik Straat huisie was 100 jaar oud (ek dink) en die ouderdom het weklik gewys – dit was ‘n huurhuis en nie die moeite werd om op te knap.Die agterplaas was baie klein met sement vloer, daar was omtrent geen voortuin, net plek vir ‘n paar alwyne.
Nou loop ons in ‘n splinternuwe huis met die mooiste Parque hout vloer in die voorhuis en die hele huis het die mooiste muur plak papier gehad.Dan was daar die groot tuin reg om die huis, dit het my so oop gevoel gegee, dit was lekker om reg om die huis te kan loop.
Ons het dadelik ingespring en begin tuin maak. Pa het trok vragte grond bestel en Naomi en ek het na skool al die grond gesif, dit was ‘n moerse job. Toe het ons die tuin gelyk ge-hark en begin gras plant, hel man dit was lekker om moeg te gaan slaap en vroeg oggend in the tuin te gaan stap en ons werk te besigtig.

Pa en Ma was kranige tuiniers, hulle wou inhaal wat hulle jare gelede verloor het ! Albei het op plase groot geword en al die jare in Rissik Straat semi was hulle weerhou van hande in die grond te sit. Hulle het ‘n somer tuin en ‘n winter tuin elke jaar gehad tot in hulle sewentigs, het selfs een jaar tuin kompetisie gewen.

Hier is ‘n paar van Pa se gunsteling plantjies

Annemones – No 1
1002690

Amarylis

1288624790Ranunculus_mix_eigen

Renonkels

1

Geel lelies – met hulle het Pa iets besonders gedoen – hulle in die grasperk onder die gras geplant en in die winter wanneer die gras sy kleur verloor groei hierdie mooi kelk lesies deur hier en daar deur die gras om die tuin op te tower

4335682-3x2-700x467

Sweet peas – O dit was heerlik om die aande buite op die gras te sit tussen die soet reuk van sweet peas, sal dit nooit vergeet.

338_f

Die is hoe die huis jare later gelyk het, bietjie oorplant maar baie kleurvol. Ek wonder wat hulle sou gedoen het met ‘n groter erf ?

PIC01391

My eertse regte fiets

In Rissik straat het Pa my leer fiets ry en ek het ‘n klein fiets om in die kort straatjie te ry. Maar nou was die tyd reg vir ‘n regte fiets. Raleigh fietse was populer maar ek het die Humber ge-laaik.

raleighDL1Trs

18″ mans fiets met teerpad bande

Op Ganspan was daar ‘n 20″ vroue fiets met baloon tyres vir dik sand paaie wat ek net net kon op sit en daar het ek ure op die sandpaaie gery. In Triomf was dit ampers ‘n moet vir ‘n seun om ‘n fiets te hê. Gaan kuier blokke vêr by nuwe vriende, Westdene dam, Melville swembad ens.
Ek onthou die belangrike gevoel wat ek gehad het toe bure my die eerste keer met my nuwe fiets gesien het. Fietse was deel van alledaagse seuns gesprekke, ons het reisies gery, los hande, agterste voor, voete op die handles ens. Met baie van die toertjies was daar hoë mate van moontlike beserings maar die ergste wat ‘n seun kan oorkom is om te val op die raam tussen jou bene 😖😖😖😖😖😂😂😂😂 ……….. fo*&% dit was bliksems seer en die embarressment as daar meises is wat dit gesien het. Jy probeer blerrie hard om jou pose te hou en te maak asof niks gebeur het !!!

Met die koms van my Lambretta scooter is die fiets vergete en verkoop maar later jare het ek weer begin ry om fiks te bly.  Toe ons Sundowner Ranburg toe getrek het was daar oopte met baie plotte en menige sandpaaie om te verken. Verbaas was ek om die nuwe moderne nuwe fietse te ervaar met al die ratte, onboard computers, ligte rame ens ens.

20111024_134

Gian Yukon 18 speed. Met hom het ek Honeydew en Mulderdrift plotte plat gery, party sondae tussen 15 en 20kms. Later jare het dit gevaarlik begin word om op agterpaaie te ry as gevolg van rowers met messe – jy word gestop gesteek met ‘n mes en hulle vat jou fiets, selfoon, horlosie alles wat waarde het. R20,000 rand fietse word dan in die lokasie verkoop vir R500……..word nou nog moerig as ek daaraan dink.

In George was dit weer aantreklik en veilig om fiets te ry. Hier is baie berg paadjies in die plantasies en by George dam. Pepsi pools was my grootste prestasie tot sover 18kms endurance berg op en berg af, dink nie ek sal dit gou weer doen

DSC01582

Giant Revel 22 speed, gas shocks op voorwiel , saal chock en aluminium raam – taamlike bêk vol nê, maar die geld werd.

pepsi pools 2

Pepsi Pools genoem want die berwater is ryk aan Tannin. Soos water bergaf vloei word dit ryk aan plantaardige Fynbos materiaal en die kleur wissel van rooibos tee to Pepsie Cola dit is heerlik en veilig om te drink

Straat krieket

24AA33B100000578-0-image-a-7_1421155448553

Kriekiet was populer en Triomf se strate het min verkeer gehad so ons kon lekker krieket speel of in die erf of in die straat. Aand kriekiet onder straat kigte was vet pret. Pa,Ma en baie van die bure het op hul stoepe gesit en kyk, kommentaar ge-skreeu en kant gekies. Ek het altyd so lekker gelag vir Piet Gouws wat ge-worry het oor die lot van die bal en wanneer die bal te hoog en te vêr geslaan is in die donker erwe het hy altyd ge-moan ” enn wieee gaaan vir die ball betaal !!!!
Vir jare daana in ons famile sal gevra word “en wie gaan vir die betal betaal” as iets verkeerd gegaan het.

Melville swembad

afghan-dive_1917537i (1)

Omtrent so 1/2 uur se stap van ons huis en ons het gewoonlik in groepe gaan swem. Dit was ‘n mooi superskoon swembad met ‘n streng life saver. Hier het ons vir ure gespeel en ge-tan. Ek en Naomi het die duikplank geniet en altwee kon mooi duik alhoewel sy beter was. My gunsteling duik was  ” butterfly”
Vir baie jare lank kon ons nie wag vir 1 September oopmaak tyd, dit was populer tot na my skooljare, selfs girlfriends soontoe geneem !
Een ding wat min my kon namaak was dat ek die lengte onderwater kan deur swem, Naomi kan dit be-aam.

Kattekwaad

Daar was sekere omies wat ons lot kinders nie ge-laaik met al ons straat dinge, kaskar ry, rugby bal skop party maal in hulle tuine en ons lawaai – vir hulle het ons ‘n spesiale ” tok -tokkie ” ontwerp.

tok tokkie

Dit werk so: gebruik lekker dun vislyn en knoop die punt aan ‘n duim spyker – maak dan ‘n klippe of iets met gewig  so 12 duim van die duim spyker af vas met ‘n knoop. Loop versigtig tot by die voordeur steek die duimspyker in die deur loop dan versigtig weg van die huis terwyl die vislyn stadig van die tol af kom. Nou sit julle lot agter ‘n bos en die klop begin met die styf en los van die vislyn.
Groot is die verbasing wanneer die omie die deur oop maak en daar is niemand – hy kyk dan rond en maak die deur toe. Twee minute later klop ens weer en hierdie keer word daar nie gewag vir die omie om die deur oop te maak, hy is vinnig hierdie keer hardloop op die stoep ek kyk verbaas rond – niemand !!!
Met die 3de klop word die deur blitsvinnig met mag oop geruk en hy bars uit die huis kierie en al – weer niemand, nou word hy bekommerd bedonderd.
Gaan terug in die huis en toe ons weer sien kom hy stadig om die hoek van die huis en hurk in die donker agter ‘n boom, het natuurlik by die agter deur uitgeslyp. Shit man dit was moeilik om ons lag in te hou. Toe ek weer klop bars die tannie met mening uit die huis en hy storm met ‘n vaart nader, val amper oor die vislyn en toe is alle hel los.
Ons bars uit van die lag en spaander in alles rigtings terwyl die see nie sy mond kan uitwas so vloek hy , JULLE FO……..N BLIKSEMS EK GAAN DIE POLISIE OP JULLE SIT !!!!!

scalextric

247

Ek dink elke huis het in die 60’s het ‘n stel scalextric gehad. Ons het voorhuise oorgeneem met tracks om tafel pote en tussen banke deur. Later is ons ge-demote na slaapkamers. Dit het gekom met stupid klein karretjies wat gou vervang is met groter smater karre en groter motors, hulle was blerrie vinnig.
Ek het ‘n rooi Corvette gehad en min mense het my gewen……. Naomi was baie keer so kwaad vir my.

Kyk al die detail van die karretjies.

DSCF2787-690

Nuwe huis, nuwe kar, die van zyl’s boet vooruit

Die Ou Toppie het so hard gewerk om ons ‘n beter lewe te gee. Kannie onthou dat hy een dag siek verlof gehad het , aan die anderkant het ma suinig met die ponde gewerk. Met die splinternuwe kar uit die boks het ek darem grênd gevoel. Nou is Ganspan toe so lekker, kannie dink hoe ons almal en die bagasie in die klein ou Anglia gepas het.

674_1121787295_DX410039

1963 Opel rekord – identiese Beige kleur was populer in die model
Met haar het ons baie Warmbad to gery en naweke gaan kamp by Klein Kariba.

Ons moes nou bus ry skool en stad toe

7513920660_e1b9f2202d_b

Hoekom skryf ek oor stupid bus ry ervaring ?
Wel dit was nie ‘n gewone bus, dit was ‘n elektriese  ” trolley ” bus wat beteken hy word aangedryf deur elektriese krag deur middel van 2 pale  wat met vere opgedruk word op die elektiese drade. Die rit was heerlik stil en lekker om al die nuwe plekke te sien.
Skool toe bus in die oggend was 7:10 en ons was lank voor agt by Helpies se stop op die hoek van Jorrisen & Melle straat. Tragies was die Westdene bus ramp op dieselfde bus roete, so ons het elke dag oor Westene damwal gery.
In 1968 begin ek werk by Nederlandse Bank van Zuid Afrika ( nou Nedbank) in Fox straat. Soggens en saans het ons pelle begin maak op die bus en party het selfs ‘n sitplek oopgehou vir jou om langs hulle te sit.
Die grap van die dag was wanneer die bus bestuurder te vinnig om ‘n draai gery het en die pale afgespring het. Dan moes die kondukteur ( konnie) ‘n moerse lang paal onder die bus se pens uit trek en begin om die krag pale weer terug te kry op die drade.
Partymaal was dit vinnig maar o-wee die dag as dinge verkeerd gaan en mense kommentaar laat die konnie nog meer laat sukkel ” kan ons kom help” ” meer pap eet Boet” of ” gee die konnie nog ‘n bier ”
Dan klim die konnie rooi in die gesig terug op die bus – party het na drank geruik!

Bus romanse het ek gereeld gesien ontwikkel en toe begin myne. Dit was so ‘n lekker gevoel wanneer jy aanstap na die bus halte en jy sien die meisie wat jy in belang stel staan in die tou – altyd die hoop dat die sitplek langs haar gaan oop wees. Jy het selfs ‘n opening sin reg ge-had.
Ag so ‘n paar non serious vriendinne begin kry todat Janet (vroulief) begin bus ry. Hulle was nuwe intrekkers in Triomf en my hormone het begin oorneem, die res is geskiedenis.

My eerste werk – Nederladnse bank van suid afrika
Die grootste gedeelte van my lewensreis het hier begin

11712989985_c45cc987c7_c

Hoek van Fox en Simmonds Johannesburg

10596854316_62d937fcb9_n

Grondvloer kasiere – my afdeling FBCI ( foreign bill for collection inwards) was op die eerste vloer

Ek het wel vroër geskryf dat ek nie te veel aandag aan my beroep gaan spandeer maar dit is belangrik on my eeste real job te meld want dit het my hele toekoms be-invloed. As tiener het ek vakansie werkies gehad by die OK se mans onderklere toonbank, cashier/ klere opvouer by ‘n droogskoonmaker, carpenter op konstruksie site ens ens, net daar het ek besef ek sal iets moet soek wat my stimuleer en nie net ‘n job kry om in die tou te gaan staan vir pay die einde van die maand.
Soos die gode die wou hê kry ek werk by Nederlandse Bank van Suid Afrika in Fox St, JHB in die internasionale handels afdeling. Om te werk met oorsee-se markte en persone was so interessant en daagliks iets nuut, kon nie wag om foon oproepe oorsee te maak.
Hier het ek by ‘n kruispad in my jong lewe gekom en ek het die regte pad gekies want internasionale handel invoere en uitvoere het my passie geword vir die volgende 47 jaar
Dit het my geneem na uithoeke van die aardbol, van Amerika se metropol na die Verre Ooste se straat markte, van Midde Ooste geskiedenis en glorie, van palm bome en silwer strande van die Indiese eilande, en na een ster sweat hole hotelle in Afrika. Ek is werklik geseend met ‘n huweliks maat wat my al die vryheid gegun het.

Die wiel

6a00d83452a77469e20154367fb68a970c

Vergeet van al die uitvindsels oor die eeue – die belangrikste een was die wiel, ja die simpel ou wiel.
Sonder die wiel was maanlanding nie moontlik, in fact daar sou nie ‘n space program bestaan het. Rekenaars sou nie kon bestaan, eerste vliegtuig het wiele gehad, wat van treine, trokke, karre !!
Die industrieële rewolusie van die 18 en 19de eeu sou nie plaas gevind het, meeste masjinerie het flywheels en ratte, ronde ratte soos hierbo uitgebeeld word.
Die piramiedes sou nie bestaan, nog minder ‘n paar wonders van die wereld soos Taj Mahal , toring van Pizza, ag sommet baie van ons daaglikse bstaan sou nie moontlik wees.

Punt wat ek wil maak is dat sonder die wiel sou ek nie hierdie lewensreis gehad het !
Dus dankie vir die wiel en al die pret wiele wat ek al besit het.

My eerste petrol wiele

lambretta

Ek is nou mooi groot en vir eers kan ek die trapfiets bêre en  selfaangedrewe wiele kry. Oorlede Wessie verkoop die Lambretta 275cc scooter aan my…boy dit was vet pret ! Ek het nog bus gery werk toe maar mooiweer dae met die scooter gaan werk.
Helmets was nog nie nodig  volgens wet so die ervaring van vry wees met wind in my hare was spesiaals. Naweke Harties toe of sommet net die pad vat Krugersdorp toe,Hillbrow toe ens ens.

Nou was ek reg vir die wereld….. het girls begin tjaaf en was sommer lekker windgat.
Estelle Myburg was my eerste kuier met die scooter. Het trots in die driveway parkeer en ewe belangrik aan die deur gaan klop.
Die scooter het sy doel uitgedien toe ek besef ek moet ‘n kar koop, iets om die girls mee uit te vat – het gehoor hoe lekker vry die manne in die drive-in.
Dit sal ook beter by my status pas om met ‘n kar by die girls te gaan kuier,en by ‘n roadhouse te gaan treat.
Right, nadat ek al die voordele aan myself verkoop het begin die kar soek. Met geen krediet waardigheid en klein Nedbank salaris, kan iets soos R117pm onthou was dit nie moeilik om ‘n kar te kies  ??? Natuurlik die goedkoopste, een  wat die banke sal finansier dit is die een – Nedbank het nie motor voertuig finansiering gedoen.

My volla 1965 150occ

Het R1500 betaal oor 3 jaar = R41pm plus finansiering. Gelukkig het ek goeie verhogings begin kry en die lewe is rooskleurig.
Nou is ek onkeerbaar met 4 wiele en ‘n tjekboek!!!
Hy was gedoop Dirkie en nuwe paaie het nou oop gemaak vir my. Durban toe vir ‘n naweek was niks, in fact ek dink ek sou daai tyd 24 uur non stop kon bestuur, so lekker was dit. Ek het tot in Amalia Noordwes op ‘n plaas gaan vry by Annamarie Marais, 700kms retoer en het haar Vryburg inry toe geneem 80kms retoer op plaas grond paaie.
01-09-2015_16

Het kar, kan nou inry toe.
Drive-in was so lekker gesellige aand. Hoef nie op te dress, party mense het met pajamas gegaan met groot piekniek mandjies. Party het opvou stoele gebring en langs die karre gesit en party mense se vensters was so opgewasem dat hulle niks kan onthou van die movie, die lekker kar vry dae.
Interval was groot eet, hamburgers, tjips en coke by die take away gekoop. Partymaal het die projector die film gebrand en dan het alles gestop, die mense het dan brights op die screen geflash en hoeters geblaas.
Ne die show het die omie in die projector kamer asb die mense gevra om die speakers op die pale te hang en nie weg te ry met die goed – dit wel gebeur met die karre met die toegewasemde vensters

DriveInMovieBugsBW

Ek het selfs vir so ekstra ou geldjie naweke by die Dakota drive in begin werk. Ek was kassier by die hek, baie belangrike job want ek moes seker maak daar word korrek betaal vir die hoeveelheid  insittendes.

Wat het geword van ons ou landjie se sorgvrye reis ?
Ons kon die Volla pak Saterdag oggend met coca cola cooler bag vol bier, paar blikkies padkos en slaapsakke en die pad vat sommer erens heen. Een so trip was toe ek en Dirk Schoeman Beitbrug wil gaan sien. Dit is 550kms eenrigting deur die mooie Noord Transvaal. Daar aangekom het ons ‘n bier gedrink en die pad terug gevat. Teen sononder kry ons ‘n lekker spot om te oornag, ‘n groot ou Kremetart boom met die gewone rusplek wit sement tafel en stoele.
Ons het tot laatnag gesels , bier gedrink en so nou en dan ‘n voertuig sien verby ry.
Slapens tyd het ons net die slaapsakke langs die stoele laat lê en toe snork ons te lekker.

MY MAGTIG MAN PROBEER DIT VANDAG EN EK WAARBORG JOU, JOU KEEL WORD AFGESNY NOG VOOR SLAPENSTYD

01-10-2015_6

Piramiede van lëe bierblikke word gebou en ons kyk wie kan almal afgooi op een slag met ‘n lëe blikkie – sien…..maklike tydverdryf 01-09-2015_9

ARMY TYD

Daardie jare was skoolverlaters geloot vir militêre opleiding. Ek was geloot vir die komando’s by Danie Theron Krygskool, Diskobolos, Kimberly

7.jpg

Die groot dag kom en ons rapporteer by die Drillsaal Johannesburg. Manne met bell bottom broeke en lang hare

Soet/suur goeie ou army dae

Ek het op ‘n jong ouderdom soveel geleer in die weermag – dissipline, respek, higiene en bowenal die belangrikheid van fiksheid vir ‘n gesonde ligaam.

Toe maak die wereld vir my oop….

Ek begin by Freight Services JHB en begin in Kaapstad om verskeping te swot. Weg van moeder se se kombuis  en wasgoed wat sy so mooi gedoen het.

Dit was 1971 en daar was nog nie ‘n waterfront met hotelle en restaurante. Ek het in die hawe gewerk en vrag van oral in die wereld van die skepe af  in-geklaar. Grootword tyd in my lewe met baie meer verantwoordelikhede
Ek het nuwe pelle gemaak en met die kom natuurlik nuwe romanse, amper soos vakansie romanse
Piketberg was ‘n populêre naweek outing, Spekkies en familie was fantastiese  mense en ek het baie nice tye by hulle deurgebring

cape-town-table-mountain1

8424409064_512a8ae708_b

Kantoor met ‘n view – ek het my verkyk aan die mooi uitsig en middag etes baie rongeloop en Kaapstad leer ken

Ek en spekkies

ex samsung 125.JPG

Veldrif – die eindpunt van die Duzi

ex samsung 128.JPG

Advertisements